Ons Geskiedenis

Ons winkel het 'n baie beskeie begin gehad op 28 Maart 2009. Na 2 maande se regruk, verf, teel en versierings het ons uiteindelik ons eerste 3 vierkante meter winkel in kerkstraat oopgemaak.

Die 3 vierkante meter het die vertoonyskas, die biltongrakke en die toonbank ingesluit. Die produkte was net biltong, droewors en Cheddar- en Goudakaas. Soos die winkel, was die pryse gelukkig ook klein en die kwaliteit groot. Dit gewildheid het so toegeneem, dat ons verplig was om groter weivelde te soek. In 2011 het ons Kerkstraat geskuif na 'n groter perseel.

Ons produkte en klientetal het so toegeneem dat ons in 2013 verplig was om weer oor Kerkstraat na nog 'n groter perseel te skuif, waar ons tans is: Kerkstraat 46 - reg oorkant Spar se hoofingang, langs die viswinkel.

Website designedBi~Fine Graphic Factory